Ek geniet die boeke van Oom Desnieteenstaande
Desondanks omdat sy oortuigings so duidelik uit
sy woorde skyn, omdat hy skryf met ‘n vonkel in
die oog en somtyds sprankelende hoogtes bereik
Sy inspirerende boodskappe dra slegs betekenis vir
dié wat reeds glo, vir my wat die boek nou al veertien
jaar bestudeer, is daar persoonlike notas en aan-
tekeninge oor gebedsverhoring in my handskrif
wat die boek ongelooflik kosbaar maak; ek geniet
dit om met Oom Desnieteenstaande te korswel en
sommer net dwars te wees, te lag oor woorde soos
parakleet, eerste keer in die tent gelees toe ons
in Cape Vidal uitgekamp het, die boek bevat soveel
vertroosting elke keer as iets verkeerd gegaan het;
ek was stomgeslaan toe my ma hom as niksseggend
afgekraak het – sy is ‘n Ferdinand-Deist-persoon
Maar Oom Tintelende Vreugde wat graag troetelsondes
uitwys sodat ek goed weet waar om vreugdevolle onheil
op te soek, raak my hart direk; waar Deist ‘n intellektuele
oefening bied – daar is plek vir albei in my lewe…
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Dying Eventually
Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...
-
“This boy’s gonna make it” – ‘n heildronk op my ma, Annemarie: Dit gaan soms broekskeur om met familie klaar te kom want "Famil...
-
Looking for the good, ignoring the sad (anything we dislike), according to Abraham’s (Esther Hick’s) website: “You cannot look at what you ...
-
Found a perfect rendition of the Arabic alphabet on the Internet, trying to remember the letter KHa is pronounced with a guttural G...
No comments:
Post a Comment