Jou verjaarsdagwens is dat niemand jou
roetine
moet versteur nie, jy luister na Leonard
Cohen en
voel tevrede met die lewe en sê jou nuwe kamera
is jou geskenk jy wil niks meer hê nie - en
ek loop
rond met ‘n vreemde gevoel al soekende na
iets
om jou verjaarsdag besonders te maak; dit
voel
verkeerd om heeltemaal niks te doen nie, ek
voel
so dwalende soos die Vlieënde Hollander wat
voortvaar op die see sonder doel, sonder
idees
hoe om jou dag op te kikker sonder om jou
grensloos te irriteer
Jy droom oor ‘n huisie by die see, jy het die
regte
een al geëien en wil graag die transaksie
bekragtig
maar die eienaar wil nie aan jou verkoop
nie - toe
klim ek op die Internet en vind my eie
droomhuis
‘n argitektoniese wonder van lig en glas
waarin ek
‘n sonbril sal dra dag en nag en twee keer
per dag
die glasruite sal moet was, ons sal
glaswassers in
elke vertrek moet hou en ek sal elke dag
drie ure
lank vensters was – dit sal nooit deug nie,
daarom
sal ek liewers aan jou huisie aandag gee,
dis ver
genoeg van die strand
Om skoon te bly en al moet ek dan af see
toe ry
hoef ek nie elke dag vensterwasser te speel
nie,
my droomhuis sal net ‘n droom bly want ek
het
nie die krag om heeldag huis skoon te maak
nie - die fantastiese Internet-huis verg
permanente versorging elke oomblik
http://www.interiorarcade.com
One of the most beautiful
beach houses of New Zealand,
located near a point called
the Tatpouri Point, has
stunning views.