Geen land is ooit so woes geleë, geen wilde
water-
weë, geen hemelsfeer kan buiten U heerlike loflike
Majesteit
bestaan nie Heer - so wonderbaar deur-
glans is die hemeltrans- ja, die dag
wat duisend-
stemmig sing tot in die diepste purpur skemering
Waar
prag van hemellyn deur die wydtes dein,
deur die wonderbou van hemelblou - -
waar die
Heer se wette skyn soos fynste goud - ja, fyner
duisendvoud
& goed soos heuningdrup so soet;
vind almal wat U wet bemin, vreugdevol
daarin
Met psalmgesange styg ons groot verlange - by
die
smeltend-skone harp- en sitertone sal ons u
liefd’ en lof verklank – wat
kan mooier wees as
die fluweelsagte liefdeswoord vanuit die eewige
hemeltranse met hul oneindig hoë
Blou-deurglanste boë; mag ons soete
taal so voort-
bestaan in die woord-herinnering van die eerste
Bybelvertaling-Afrikaans...
[Psalm 8 en 19, met erkenning aan die
woordeskat
van Totius = Dr JD du Toit]
No comments:
Post a Comment