
Ek probeer kort-kort om te hervorm
en my Muse dood te slaan, maar as
ek weer sien, het my Muse
weer opgestaan...
‘n Vertaler wat nie kan of wil vertaal
nie, nie kan of wil ophou smaal nie
omdat die gedagtes nie wil ophou
om deur haar kop te maal nie
Haar kollegas pleit vir medikasie om die
breinspasie in haar skedel bruikbaar
te maak, maar wat sy ookal sluk
sy leer net om harder te bid
Sy raak beledigend en ongeskik wanneer
sy aanmatigende briewe van die publiek
waarin die President en sy vroue en
kroos aangevat word
Moet lees en vertaal sonder om hul krag-
woorde te herhaal - my simpatie lê by
die objektiewe, rasionele, logiese
kollegas wat trots verklaar
Hulle voel geen gevoelens, beleef geen
emosies wanneer hulle koue woorde lees
en vertaal nie, al wat hulle ontstig is die
limerieke en ritrympies
Van hul tegniese-woordeskat- navorsing-
beperkte kollega wat haar dokument wil
rym voordat sy dit in prosodie en wals-
maat of ta-fe-te-fie oorvertel
Sy breek al die reëls deur die woord te kies
met die beste ritme en harmonie, slegs dan
beweer hul met gevoel, slegs dan raak
hul uitermate onsteld
En gil - VERGELD VERGELD – maar die
troostelose woorde in amptelike dokumente
wat die siel verskroei en die lewe vergal –
ag nee wat
Die het geen effek op hulle gevoelens nie
woorde is nie koud of warm nie, glinster
nooit in geur en kleur nie, woorde is
koue instrumente
Om die lewelose betekenis van
doodgebôre simbole
oor te dra…
No comments:
Post a Comment