
[I flee from the world]
Ek vlug na die beelde in my verbeelding,
enige karakter, so mooi soos Angelina
Jolie, so aantreklik soos Brad Pitt in Mr
and Mrs Smith; kan op enige planeet,
met groen mannetjies, wakker word
Die temas van eensaamheid, eksistensiële
vrae - waarom is ek hier, en morele keuses
voordeel en nadeel van elke besluit – werk
ek uit deur my karakters in vele avonture te
plaas ; ‘n Gotiese melodrama
Klink skoon flou as my karakters eers begin
dans - stokflou moeg kom ek tuis na ons
inkopietog, my heldin deur die smeltkroes
gestuur terwyl ons wasgoedseep, vleis
en groente koop
Ek wou ernstig werk by die huis, skryfwerk
bekyk, korrigeer en redigeer, maar my brein
weier – As jy wil werk, skakel ek af - dadelik is
my kop leeg, my hart gesluit, ek skrik - Nee,
NEE! Liewe brein, maak soos jy wil
Fantaseer en droom, ek wil nie werk
nie – net speel!
[English Summary:
I flee from the world into my imagination -
when I wanted to work, my brain switched
off, I begged it to switch on again, promising
it the freedom to do anything.]
No comments:
Post a Comment