Tuesday, April 19, 2022

Berymde Psalms En Gesange 1976 - [Part 1]

Welsalig Almal Wat U Huldig As Hul Heer - Psalm 1 - 5 - 

Oom Kulubas het suiwer Afrikaans gepraat die fluisterende

Tant Miem het ‘n suiwer moederhart gehad Sondae het hul

saam kerk toe gegaan met basvioolstem het hy dit uitgesing:

 

‘n Sondige aardse tyd is ‘n wisselspel van onbestendigheid

soos kaf aan die stormwind prysgegewe, in nietigheid eindig

ons die lewe waar straf tot weervergelding keer terwyl God

ons gadeslaan en met sy lig ons lewenspad bestraal, maar

 

Sien die sondaarspad van hulle wat van hom weggedwaal

het – ‘n onkeerbare spoed lei oplaas ‘n afgrond tegemoet

waar die lug gloei met vlammende onweerslig & Hy donder

van omhoog en jaag sy Skrik hul in die aangesig, want Sy

 

Naam is grootmagtig en verhewe en bied ‘n vreugdelewe:

O Heer, wees my gedagtig en reddingskragtig waar ek by

skemerende berge sug terneergeboë, verhef u Vaderoë,

sien op my neer in mededoë, red my van mense deur hul


Skyngeluk verhewe terwyl hul lustig lewe en fees hou in

kortstondigheid – ek is ‘n verdwaasde sterweling en hul

 wil ‘n ryksbestel weerstreef, maar u neem wêreldwydtes

tot u heerskappy; welsalig almal wat U huldig as hul Heer

 

[Words literally from Afrikaans Psalm book 1976 - Psalms 1 - 5]

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...