Nici, die kleinste krokodilletjie, het vandag huis
toe gekom en ons het gejuig en gedans, wasgoed
gewas en gestryk en gehang, neute gekraak - en toe
was dit tyd vir die Heer en Meester van die Krokodil-
Kasteel om sy stem dik te maak – Kyk hier jou arrogante
Taugenichts van ‘n Deugniet, dis tyd dat jy met respek
optree en nie terugpraat nie, jou irritasie met my gedurige
inmengery is onaanvaarbaar en jy is heelnag op die Internet
en in hierdie huis is ek die baas en jy moet beter presteer –
anders sal daar GROOT moeilikheid wees!
Ja Baas, die Poetsvrou – dis nou ek wat die werk het om
skoene en goed blink te poets – ja Baas, tot u diens in alle
onderdanigheid - maar die Meester se hart is té seer om bes
te gee – Verduidelik jouself, hoe DURF jy aggressie openbaar
in my teenwoordigheid? – en natuurlik sukkel die uwe –
Met Liewe Heksie as rolmodel - om my idees rasioneel te ver-
woord en uit verbrouereerdheid herhaal ek die Meester se
woorde, stemtoon, toonhoogte en felheid, agter hom aan en
dis toe wat sy brein toeslaan en die Meester besef hy het te
make met totale anargie - en ek gaan skuil in die klein
Krokodilletjie se heerlike kamer – sy sit en foto’s poleer
terwyl ek poog om ‘n strategie daar te stel om die Meester
se swak senuwees te kalmeer…
No comments:
Post a Comment