Oë stokstyf van die skrik staan ons kleintyd in die kerk
die gemeente moedeloos oor die ongelooflike woorde
in die ou gesangeboek sing steeds wroegend voort: O
hemeltergers wat daar woel, ek kyk op na die nagtelike
Hemel met sy glansgewemel wyl die skugter maan met
stille gang oor sterrevelde gaan, met smart wat my siel
beswaar en skrik wat in my vaar, ek deurweek my bed
met trane – hier kom ek by en herken myself - want ek
Deurweek my bed met trane die hele tyd, skuld & smart
voer ‘n stryd in my; nou smeek ek gans deemoedig - O
Heer, wees my gedagtig en reddingskragtig daar
in die
oneindigheid waar u majesteitlik die mens met kennislig
Bestraal: hierdie woorde troos my want God kom naderby
in my geween & smeking, in my verbystering & verbreking
is God my gedagtig en lewenskragtig…
[Psalm en Gesangeboek – 1976 tot Psalm 11]
No comments:
Post a Comment