Showing posts with label Opgedra. Show all posts
Showing posts with label Opgedra. Show all posts

Monday, November 9, 2009

Jul Klein Sonstraal

Aan Marié en Nico

Die mooiste, soetste, wonderlikste wete:
Jou babaseun Max Anthony, is hier, die
vreugdevure brand, die wonder het weer-
eens geskied

Klein Max Anthony is die gawe, ‘n seunskind
wat sy ma se hart steel, ‘n terggees wat sy sus-
sies vermaak, ‘n ondeunde klein rakker wat sy
pa se lewe omkrap

Terwyl sy pa se hart van dankbaarheid brand
Mila en Maya wil hul lieflingboetie vashou en
bederf, die huis sal nooit weer stil wees nie, Max
Anthony is hier

Die avontuur het begin, wees sterk, hou moed, ‘n
klein babaseun word te gou groot, vingers in die
muurprop en stofsuierperde en boomklim en val -
die mallemeule van die lewe

Het begin draai, geniet die rit, van nou af is
Marié, Mila en Maya – en Nico! - die
toegewyde slawe van Max Anthony
hul klein sonstraal!

Aan Marié en Nico

Max Anthony Drie Dae Oud

Mila het lank gewag vir jou, Maya het verlang
om jou vas te hou, Ma Marié het vreugdevol na
jou aankoms uitgesien, Pa Nico het opgewonde
vertrou, jou eerste dag in intensief

In mamma se arms wag jy op pappa se koms,
mamma straal, Mila en Maya dink jy is die
wonderlikste pop om mee te speel, warmte
en sagtheid, die ongelooflikste blydskap

Jou sussies wil jou troetel en soentjies op jou
koppie neerreën, hulle wil jou bederf en warm
toedek, mamma wil vir jou stories vertel en
liedjies sing, pappa bid vir jou veiligheid

Sien die toekoms groei in sy seun, sy hart swel
in sy bors, sy oë blink en sy lag weerklink, blou
kabouterklere vir jou, mamma druk jou sagte
lyfie styf teen haar vas

Sy sal jou aankoms vir ewig onthou, eendag as jy
oor haar troon sal sy die soetheid van jou aankoms
herroep, as sy jou sterk seunshande aanskou
sal sy jou klein vuisies steeds voor haar sien

As jy met groot skoene deur die huis draf, sal sy
jou klein voetjies steeds daaragter gewaar, as jou
diep stem dreun, sal sy jou kleintyd
koester in haar hart

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...