Monday, November 9, 2009

Jul Klein Sonstraal

Aan Marié en Nico

Die mooiste, soetste, wonderlikste wete:
Jou babaseun Max Anthony, is hier, die
vreugdevure brand, die wonder het weer-
eens geskied

Klein Max Anthony is die gawe, ‘n seunskind
wat sy ma se hart steel, ‘n terggees wat sy sus-
sies vermaak, ‘n ondeunde klein rakker wat sy
pa se lewe omkrap

Terwyl sy pa se hart van dankbaarheid brand
Mila en Maya wil hul lieflingboetie vashou en
bederf, die huis sal nooit weer stil wees nie, Max
Anthony is hier

Die avontuur het begin, wees sterk, hou moed, ‘n
klein babaseun word te gou groot, vingers in die
muurprop en stofsuierperde en boomklim en val -
die mallemeule van die lewe

Het begin draai, geniet die rit, van nou af is
Marié, Mila en Maya – en Nico! - die
toegewyde slawe van Max Anthony
hul klein sonstraal!

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...