Wednesday, November 11, 2009

Slapende-Skoonheid-Sprokie

“Ek het my eie professor Higgins gevind wat tevergeefs
maar baie wonderlik probeer om my te intellektualiseer!”

Minda Joubert: Jou feëverhale verveel my beslis nie

Ek is bly om dit te hoor, in intellektuele kringe word
feëverhale afgeskiet as “opium vir die massas” en daar
word neergekyk op gewilde TV-series; tog word die “opium”
naamlik dat drome waar word, daagliks geïllustreer deur
glansmense wat ongelooflik gewild en beroemd word

Hulle boeke en flieks verkoop soos soetkoek, dan kry die
intellektueles skuim om die mond van jaloesie en skry-
wers van negatiewe, bitterbek-literatuur huil lang trane
omdat niemand hulle diepsinnige goed wil koop en lees
nie, terwyl die onintellektuele gebabbel van
glansmense verslind word

Die intellektuele suurkouse sit die pot mis omdat hulle mense
wil DWING om “goeie” letterkunde te waardeer – terwyl dit
mens depressief en sinloos laat voel en mense van hul drome
en lewenskrag beroof - almal soek die sleutel tot sukses in
die boeke van “celebrities”

Die aaklige voorgeskrewe boeke op skool verseker dat meeste
mense ophou lees nog voordat hulle begin het – gelukkig is my
leeslus en liefde vir feëverhale so deur my ouers geprikkel dat
dit ‘n BA-graad met Engels, Duits en Frans plus Filosofie
Honneurs oorleef het

Ek het na my universiteitsdae alle intellektuele dwinglandy
afgesweer en lees nou net stof wat my vreugde verskaf –
hoe’s daai vir opstand teen intellektualiserende sinisme –
en ek het my eie professor Higgins gevind wat tevergeefs
maar baie wonderlik probeer om my te intellektualiseer!

Aangesien ek hom in Vadertjie Langbeen verander het
het ek nou die voordeel van ‘n opheffende invloed wat
my heidense tendense probeer tem terwyl ek my lewe
op papier uitsorteer - wat kan beter wees as dit?

Net om ‘n mens met ‘n werk in ‘n kantoor te wees met ‘n
man en twee pragtige kinders is al klaar die vervulling van
‘n feëverhaaldroom nadat ek Sita se “Loon van die Sonde”
as kind gelees het en amper van onsteltenis die
gees gegee het

Gelukkig het Die Slapende-Skoonheid-sprokie wat deur
Tryna du Toit genadiglik onder my aandag gebring is
in “Groen Koring” my van daardie skok genees!

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...