Monday, June 13, 2016

Ritteltitselende

Die water kook in die pot sodat die eiers
ritteltitselende borrel daarmee saam, gou
my nuwe woord neerskryf want dit bekoor
my oor - ritteltitselende sou virseker deur
digter Totius gebruik wees in die ou Psalm
en Gesangeboek wat wemel van diesefde
eksentrieke soorte woorde - gebruik saam


Met ‘die smeltend-skone harp- en sitertone’
asook ‘die sonnegoudtower’ van die 1940
volksangbundel; die poëtiese taalkundiges
sou in vervoering wees oor my nuwe woord,
ritteltitselende sing ek oor en oor - en dans
vrolik waar die sedige vertalers voortwoeker,
uitdrukkingloos, terwyl hulle sekuur korrelvat


Met die standaardterme wat wemel in ons jong
taal se evangeliese geskrifte: Bosman, Pharos,
ensovoorts…

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...