Wednesday, September 30, 2015

Blou-Deurglanste Boë

Geen land is ooit so woes geleë, geen wilde water-
weë, geen hemelsfeer kan buiten U heerlike loflike
Majesteit bestaan nie Heer - so wonderbaar deur-
glans is die hemeltrans- ja, die dag wat duisend-
stemmig sing tot in die diepste purpur skemering

Waar prag van hemellyn deur die wydtes dein,
deur die wonderbou van hemelblou - - waar die
Heer se wette skyn soos fynste goud - ja, fyner
duisendvoud & goed soos heuningdrup so soet;
vind almal wat U wet bemin, vreugdevol daarin

Met psalmgesange styg ons groot verlange - by
die smeltend-skone harp- en sitertone sal ons u
liefd’ en lof verklank – wat kan mooier wees as
die fluweelsagte liefdeswoord vanuit die eewige
hemeltranse met hul oneindig hoë

Blou-deurglanste boë; mag ons soete taal so voort-
bestaan in die woord-herinnering van die eerste
Bybelvertaling-Afrikaans...

[Psalm 8 en 19, met erkenning aan die woordeskat
van Totius = Dr JD du Toit]

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...