Friday, June 13, 2014

Prettige Ritrympie - Tongue-In-Cheek

Die koue is so salig, sê sy toe eenmalig
want gou-gou vou haar moed in die kou
en wens sy toe weer vir warmer weer en
net effens hoër temperatuur

Om dan met liefdestralende oë na haar
kollegas te gluur net om daarna in die
verte te tuur wagtend op die huistoe-
gaanuur verlangend na die plesier

Om haar huis te versier met `n beeldjie-
figuur in silwer-wit en blou hoewel sy
weet haar man sal kla en sy sal sy
Jermiades moet verdra omdat hy

Haar beminde is en sy graag sing “Bly jy
by my, beminde-teer, dan blom in my die
somervreugde weer” - toe trek sy haar
ysblou trui aan en verander terstond

In die koue Sneeukoningin  - en saggies
begin sy sing “doodgedoemde martelare”
omdat die melodie ‘n ligbaan bou en die
auras glansend vul en breinstrome hernu

Verbindings in magiese elektro-magnetiese
krag wat herinner aan die stringetjies binne
die hologramwerklikheid gevorm deur die
amplituhedron wat weer oorspring gee aan

Chronologiese tyd en ruimte as ordenings-
kategoriëe; koue is reg, dink sy weer wyl haar
hoofdirekteur vergader met verskeie kollegas
diep bedroef en swaar belade deur die sware

kritiek wat lei tot hewige polemiek oor die
voorgenome taalbeleid want die doeldatum
het reeds verstryk en steeds weet geen mens
wat die rëels is vir 11 amptelike tale – en

Slegs 5 is ingesluit blyk te wees in die nuwe
taalrigtingbeleid en nog nooit in hul lewe het
die Calvinistiese taalpraktisyn-integriteit met
so ‘n swak wetregtelike dokument gewerk nie

Die Departement het ‘n mijoen uitbetaal aan ‘n
misleidende WetFiskaal wat nie weet hoeveel
tale ons reeds bedryf nie en dus al die ander tale
behalwe die uitverkose 5 in die see in dryf

Mislei deur deurdagte skelms sonder morele
beginsels en vakkundige etiek, wat net leef vir
om te smul terwyl hul andere verkul, maar hulle
is onbewus van die vlinderkwantum wat

Die fyn noodlotsdrade spin waarin die kwaad-
doener homself verstrik en te laat wakker skrik
net om te besef ‘n bomenslike mag het die hef
in die hand en beskerm ons mooie land

En gee ons die moed om te veg vir die reg om al
11 amptelike tale te praat en skryf en te gebruik

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...