Tuesday, February 26, 2013

‘n Heildronk Op My Ma

“This boy’s gonna make it” – ‘n heildronk op
my ma, Annemarie: Dit gaan soms broekskeur
om met familie klaar te kom want "Familiarity
breeds contempt" en ons familie ly aan hierdie
kwaal tot die hoogste graad

Ek sê dankie aan my ma omdat selfs wanneer sy
my verkleineer , sy my sterker maak sodat ek van-
dag ‘n selfstandige en gelukkige mens is wat uit
haar foute leer en altyd my ouers sal respekteer
soos die Tien Gebooie ons leer

Dankie vir die opvoeding wat ma my gegee het,
al het dit somtyds meer soos opfoetering gevoel,
ek verstaan dat ma deur dieselfde pynlike proses
moes gaan en hoop dat ma verder die vreugde
van liefde en geluk sal smaak

Dankie dat ma vir my gesorg het toe ek my pa
verloor het en dankie vir ma se bydrae tot my
lewe sodat ek vandag wyser en verstandiger
kan wees en weet ek het my bes gedoen om
ma trots te maak

Vandag weet ek “This boy made it” - met my
geliefste, my pragtige vroutjie, aan my sy, het
ek finaal die sukses en geluk gevind waarna
ek so lank gestreef het!


[Van Gerhard  Knight - vir Thea, my geliefste,
en vir my ma, wat so hard probeer het om die
familietradisie van irrasionele, onbesonne
woede te oorkom]

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...