Friday, November 4, 2011

Ewig-Onbeantwoorde Vraag (Hersien)


Resep vir geluk: vermoë om te droom
visualiseer, ideale nastreef, genot
in die fantasie - ‘n goeie boek,
nuwe teorie of storie

Insig bring inerrlike geluk maar
die glorie van bereiking duur
slegs vir ‘n oomblik, ver-
vulling kan nie die

Gemoedstemming lig nie, produksiedoel-
witte kan net salaris verdien - maak geen
verskil aan lewensvreugde nie, geluk
wag op ander plekke

Die einddoel kan mens net vir
‘n oomblik laat goedvoel, die
soektog bring meer geluk as
die antwoord

Misterie as ewig-onbeantwoorde vraag
betowering wink steeds wanneer alles
vireers moet wag vir oorlewing, die
soektog is universeel

Gaan voort sodra ander take gedoen is,
so heerlik dat dit nie saak maak as dit
geen prys of beloning inbring nie -
n fassinerende onderwerp

Verskaf ‘n ewige vreugde wanneer roetine
tussen-in kom; depressie wyk voor die
lekkerkry van ‘tintelende denke – die
droom ‘n belofte

Wat nooit hoef te manifesteer nie –
hoe salig om nuwe idees te bedink
om met gedagtes te speel...

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...