Monday, April 16, 2012

Eksistensiële Oomblik

O lang dokument sonder end,
pad van vaalte sonder skadu
of troos, skoonheid of vreugde,
stofpad van verveling wat draal
sonder doel of begeerte

Ek verlang na die vreugde van
strewe en ideaal - sit hier op ‘n
klipharde stoel, soek lusteloos
na Engelse betekenis vir dowwe
Franse frases oor vreugdevolle

Pierewaaiers wat selfoonbedrog
ywerig bedryf; my hart verstil tot
net ‘n 3-dimensionele beeld agter-
bly, my gees vertrek soos ‘n hert
smag na helder waterbeke

Soekend na die skone liedere van
weleer; verstyf en verhard teen die
versugting van my eie siel sit ek
hier en vertaal, droom so aan die
kantjie soos Mabalêl voordat

Lalele, die stille wrede, die groot
krokodil van verpligting, my
lied verstil

Maandag 16 2012 April

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...