Thursday, May 31, 2012

Dagboek 31 Mei 2012

Jou verjaarsdagwens is dat niemand jou roetine
moet versteur nie, jy luister na Leonard Cohen en
voel tevrede met die lewe en sê jou nuwe kamera
is jou geskenk jy wil niks meer hê nie - en ek loop
rond met ‘n vreemde gevoel al soekende na iets
om jou verjaarsdag besonders te maak; dit voel
verkeerd om heeltemaal niks te doen nie, ek voel
so dwalende soos die Vlieënde Hollander wat
voortvaar op die see sonder doel, sonder idees
hoe om jou dag op te kikker sonder om jou
grensloos te irriteer

Jy droom oor ‘n huisie by die see, jy het die regte
een al geëien en wil graag die transaksie bekragtig
maar die eienaar wil nie aan jou verkoop nie - toe
klim ek op die Internet en vind my eie droomhuis
‘n argitektoniese wonder van lig en glas waarin ek
‘n sonbril sal dra dag en nag en twee keer per dag
die glasruite sal moet was, ons sal glaswassers in
elke vertrek moet hou en ek sal elke dag drie ure
lank vensters was – dit sal nooit deug nie, daarom
sal ek liewers aan jou huisie aandag gee, dis ver
genoeg van die strand

Om skoon te bly en al moet ek dan af see toe ry
hoef ek nie elke dag vensterwasser te speel nie,
my droomhuis sal net ‘n droom bly want ek het
nie die krag om heeldag huis skoon te maak
nie - die fantastiese Internet-huis verg
permanente versorging elke oomblik
van die dag...


http://www.interiorarcade.com
One of the most beautiful beach houses of New Zealand,
located near a point called the Tatpouri Point, has
stunning views.

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...