Wednesday, June 20, 2012

A Loving Perspective


Did the right thing for the
wrong reasons, it worked
like a charm - life teaches
good intentions often have
disastrous consequences

Justice and consideration
will be the compass within
which we can be free to do
what makes us happy - our
society does not allow this

But I am a dreamer looking
at the magnificent potential
hidden within reality, lovely
ideals always shine - in the
light of a loving perspective  


Die Multidimensionele Werklikheid

Het die regte ding om die verkeerde redes gedoen
die resultate was ‘n reuse sukses, dus laat vaar ek
nou maar die etiese hoogheilige standpunt dat mens
eerder die verkeerde ding om die regte redes moet
doen as die regte ding om die verkeerde redes – ek
het nou vrede met redes, al wat nou tel, is resultate

Goeie bedoelings het die geneigdheid om te ontplof
die lewe het my geleer dat mens net chaos bereik met
goeie bedoelings, al wat werk is om pragmaties dit te
doen wat werk – geregtigheid en konsiderasie dien as
kompas om respek vir mens en wêreld te betoon; my
gunsteling-beginsel is die VRYHEID van eie keuse

Vry van voorskrifte en vereistes – die vryheid om binne
geregtigheid met selfbeskikking op te tree en niemand
teen hul sin tot hul eie voordeel te forseer nie; vryheid
om te sterf as die individu dit so verkies – in plaas van
om mense te dwing om minderwaardige lewens te lei
bloot omdat hulle in die lewe beland het; duidelik is dit

Die toppunt van aanmatigende dwingelandy en die begin
van so baie ellende in die wêreld; as mense vry is om te
doen wat hul gelukkig maak, vind iets wonderliks plaas:
die mense skep ‘n wonderlike wêreld waarin elkeen sy
doel kan bereik sonder om op mekaar se tone te trap -
ons huidige samelewing laat dit nie toe nie, maar

Ek is ‘n dromer van formaat wat die multidimensionele
aard van die werklikheid wil eksploreer om soveel as
moontlik van die verborge potensiaal to ontvou…

Woensdag 20 Junie 2012

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...