Friday, August 26, 2022

Kokaai, Sakkaboela En Ramatjaffel

Die woord takhare laat my dink aan gomtorre, ‘n woord wat my bekoor;

in standerd 2 het Juffrou ons geleer om astrant en parmantig te wees

beteken ons is voor op die wa en dat sy alleen die voortou sal neem,

nou staan hier ‘n touleier kan oor die tou trap of jakkalsdraaie gooi &

sal dan sy rieme styfloop want sy gedrag is heeltmeaal onbehoorlik

 

Indien sprinkaantee so sleg proe soos dit klink, kan jy ‘n regmakertjie

skink wat dan sal voorkom dat ‘n mens paparellakoors, die ritteltits of

aapstuipe kry; en kyk hierdie meerkatgat of kommetjiesgatmuishond,

maar kyk net na hierdie oulike naam: langasemsprinkaan - - laat ons

egter aanbeweeg na iets wat mens kan eet genoem koekemakranka

 

Eet mens vis met wurgpatats kan mens verstik; allamapstieks, waar is

die woorde kokaai, sakkaboelas en ramatjaffel; laat ons nou houding tot

uitdrukking bring met modale partikels: almiskie kom van tant Breggie in

die koue Bokkeveld & dis mos fantasties om rêrig bollemakiesie te slaan,

kaskenades te geniet en sommer allerhande manewales uit te haal - en

 

Iemand wat getrek is, is hoog in die takke, het te diep in die bottel gekyk,

is aangeklam, hoogs waarskynlik befoeterd daarby; Is doodluiters nie die

perfekte woord om nonchalant te beskryf nie - en stoksielalleen kan mens

nie lekkerlyf loslyf lê soos ‘n regte loslappie & loskopdolla nie, jy sal maar

jou pyn verberg deur doodluiters en traak-my-nie-agtig rond te drentel soos

 

‘n Wafferse kampkommandant - of rondjaag in ‘n woeste wilde wagen soos

‘n regte windlawaai wat enige mooie wagen verinneweer sonder om twee

keer te dink; Ai, almelewe was argaïese terme so betowerend, my hartlam,

my skattebol wat so geluksalig by my lê - nou dink ek ons moet alle stoute

kalante, japsnoete en draadsitters wat ons wat soete moedertaal vermink

 

Laat fusilleer - met hierdie ligsinnigheid wat alle skitterende wetenskaplike

taalpraktisyns in pyn na hul harte sal laat gryp, neem ek nou afskeid…

...............................................................................................................

 "Beknopte Afrikaans-Nederlandse woordeboek met Engelse ekwivalente - 

A.A.F. Teurlinckz  (Volume 15 van Werkwinkel, tydskrif vir Nederlandse en 

Suid-Afrikaanse studies van die Adam Mickiewicz Universiteit in Poznan, 

Pole.)  [Werkwinkel 15(1-2) 2020] 

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...