Wednesday, June 30, 2010

Ons Lot Filistyne

*
Ek wil eers Wayne Dyer se "Spiritual Solution
To Every Problem" klaarlees, van die geestelike
oplossings is om tuberkulose te kry, gif te drink
of aan kruise gespyker te raak; synde dit die lot
was van die hoogste heiliges soos St Francis en
groot filosowe soos Socrates

Klink my dis gevaarlik om geestelik ontwikkel te
wees, lyk my 'n heiden het 'n beter kans op ‘n
welvarende lewe; dan moet die skrywer self 'n
heiden wees want hy spog so hoe voorspoedig
en gesond hy en sy familie is, geen tuberkulose
soos St Francis van Assisi

Geen gifbekers en kruise vir hulle nie - dit laat
mens DINK né, terwyl die skrywer uitwys dat
heiliges ernstige probleme gehad het, vertel
hy hoe voorspoedig en gesond ware gelowiges
is as hulle net vertrou en liefhet – wat op aarde
het die heiliges dan aangevang

Dat hulle so kranklik was en afgemaai is deur
hulle mede-naaste; het hulle nie vertrou en
onvoorwaardelik liefgehad nie - en as hulle
het en so benadeel is, watter voordeel kan
dit inhou vir ons lot Filistyne van vandag?
*

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...