Tuesday, July 28, 2009

Fyn Soos ‘n Vlinder

Liewe maan jy seil so langsaam deur die
awendwolke heen, jy’s so rustig en ek
voel my, o so eensaam en alleen

Pêrels en lint, kamma-kamma; sy en satyn,
wie sê dan so, kamma- kamma, wie sê dan
so, bootjie na Kammaland

As jy kamma-kamma voel ons is vir mekaar
bedoel en jy sê dan kamma-kamma ja… Hoe
sag gly ons bootjie en wieg heen en weer

Verbeelding is stuurman, hy sit aan die roer
en wys ons die weg wat na Kammaland voer,
dis Oos van die son en dis Wes van die maan

Die land waar die jonkheid mos nimmer vergaan
fyn soos ‘n vlinder, sag soos satyn, niks sal
ons hinder, onder die bome loop ons en droom

Lieflike drome langes die stroom, o, liefdesuurtjie
waar is jy nou, o liefdesvuurtjie, sterf jy so gou-
gaan my gedagtes liefling, na jou, ja na jou

En neem my liefde mee – wag sy, al die liefde
in haar hart stuur sy jou waar jy ook rondswerf
as sy saggies na jou roep - kom terug na my…

Al kan ek jou nie roep nie, dan sal ek vir jou wink
en antwoord gou my liefste, voordat ek my bedink
spoedig kom ‘n nader een, vir wie ek dan sal wink

Al die burgers kom tuis en sy soek langs die ry, vir
‘n lang-lang verwagte gesig, hulle kom, hulle gaan
nou is almal verby, uit haar wese verdwyn al die lig

Waar ek gaan gaan jou beeltnis, my liefste, alom,
maar my hart laat ek ewiglik hier, as ek kom, as ek
kom – hy sal nimmer weer kom, nimmer weer kom

Net verlange en hartseer kom weer - kersie brand
sag en flou in die stroopblikdeksel nou, oor die
donkerblou hemel rys daar skriklike wolke…

FAK Potpourri Deel I

(Die liedjies is deurmekaar geroer, ek weet.)

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...