Friday, July 31, 2009

Versadig met u Goedertierenheid


Herinneringe aan Hoër Meisieskool Stoffberg
aan die Oosrand - Juffou Malan en haar fyn
ideale - Juffrou Kok haar getroue adjudant -
Saalopening, ons sing die Onse Vader in drie
stemme: standard nege meisies sing alt, ma-
trieks sing deskant, ek gloei van vreugde en
trots om in ‘n Keurboslaanskool te wees

O Goedheid God’s Hier Nooit Volprese – die
deskant vleg en weef tussen die sopraannote
Prys Die Heer Met Blye Galme soos ‘n wa wat
wiegend voortbeweeg, die skool as spraakkoor
wat Daar het ‘n Doringboompie resiteer, Vlaktes
Gras en Drie Peperbome, Vlaktes Gras en Twee
Peperbome, Ek Sien Haar Wen

O Christus Diepst’ Verlange met orrelbegeleiding
toe ons ‘n plaat maak in die stadsaal - kerkkoor
Sondag met Loflied van Maria - Met Middernag
Keer Feest’lik Weer Die Stonde, Ave Verum in die
skoolkoor onder Meneer Wim Willem-Steyn, ons
sing O Donau so Blou met AL die herhalings
Engelse klas by Juffrou Rita Prinsloo

Come Into My Parlour, Said The Spider To The Fly
op band opgeneem, ook probeer om Psalm negentig
op band vas te lê omdat ons dit uit die kop moes
leer, vers vyf bewys hoe moeilik dit was om outydse
verse te onthou: Weggespoel Het U Hulle, Hulle
Word ‘n Slaap – maar Juffrou Malan het ons
vinnig uitgevang

Versadig ons met u goedertierenheid, Here, my
bergvesting - vandag klink die 1933-vertaling
so soet in my ore...

(Juffrou Malan op 96-jarige ouderdom, dankie aan
Anneliese Koch wat die foto verskaf het. Ons was
Altwee in Stoffberg Meisies, ek het haar geken as
Anneliese Kallmeyer.)

[School memories: I attended Stoffberg Girls High on
the East Rand and was thrilled by the fact that my school
resembled the fictitious school created by Theunis Krogh
in the Keurboslaan series so much, I adored Miss Malan,
our Headmistress and her adjudant, Miss Kok, loved the
traditions and singing and recitations, learning Psalms off
by heart, trying to use a tape-recorder to hide the fact
that we did not know Ps 90, school choir singing Ave
Verum and Blue Danube under Wim Willem-Steyn,
Church Choir on Sunday, English class with the
always delightful Spider and Fly...

Hereafter a list of the original songs and verses as far as I can
remember them, I will have to find the complete original sources
somewhere – in the original Afrikaans and broken Latin of Ave
Verum – I only remember the melody well, the words
I make up as I go.]

***********************************************

Ek sal die woorde van my bronne moet soek, al wat ek kan
onthou van my skooldae is die volgende:

**********
Die Onse Vader
O Vader wat woon in die hemel, geheilig sy U naam,
mag u ryk kom, u wil geskied, soos in die hemel so ook
op die aarde, gee ons vandag ons dagse brood en vergewe
ons onse sondes soos ons die vergewe wat teen ons sondig
lei ons nie in versoeking maar behoed ons van die bose....
want aan U behoort die rykdom en die goedheid en die ere...
vir ewig en ewig, amen!

**********
O goedheid God’s hier nooit volprese, wie word daardeur
nie diep getref, hoe snood ondankbaar is die wese wat nie sy
hart tot U verhef, aan U alleen sy dank en ere, laat dit my lus
my lied hier bly, Vergeet my siel dan nooit die Here,
want nooit vergeet die Here my!

**********
Prys die Heer met blye galme, o my siel daar’s ryke stof, sal so
lank ek leef my Psalme vrolik toewy aan sy lof, en Hom wat sy
guns my bied, altyd grootmaak in my lied!

**********
Daar het ‘n doringboompie vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne met sware vragte gaan...
...druppel die salf van eie gom...

**********
Ek sien haar wen, want haar naam, is vrou en moeder!
**********
O Christus Diepst’ Verlange van elke sterweling,
U het weleer ons sange...

**********
Loflied van Maria
Want van nou af sal die geslagte, al die geslagte
my salig noem, omdat Hy die nederige toestand
van sy diensmaagd aangesien het, en my siel is
verheug, en my hart is verheug, my siel maak groot
die Here, my siel maak groot die Heer - Want Hy wat
magtig is – het groot dinge aan my gedoen en heilig,
heilig is sy naam, barmhartigheid vir die wat Hom vrees
van geslag tot geslag, vir die wat Hom vrees...

**********
Met middernag keer feest’lik weer die stonde, toe God
as mens neergedaal het op aard, om te bevry die mensdom
van die sonde, sy volk te red van die dood en die swaard,
en nuwe hoop vervul die hele aarde toe daardie nag gebore
is die Heer, Kom almal saam, verhef jul stem na bowe, dis
Kersfees, dis Kersfees die Heer daal tot ons neer, dis Kersfees,
dis Kersfees, die Heer daal tot ons neer!

**********
Ave Verum Corpus – Mozart

Ave, ave verum corpus
natum de Maria Virgine
Vere passum immolatum
in cruce pro homine.
Cujus latus perforatum
undda fluxit et sanguine.
Esto nobis praegustatum
In mortis examine
In mortis examine.

http://artists.letssingit.com

**********
(Op die wysie van Die Blou Donou)
O Donou so blou, wat gly, wat gly, deur veld en vallei, ...
In Wenen daar sal jy ook bly, sy wil jou, hulde bring
Nooit vind jy waar jy ook mag gaan, ‘n stad wat by haar
haal, dus word van alle tye, jou lied’re toegewye...

**********
Come into my parlour, said the spider to the fly,
‘tis the prettiest little parlour that ever you did spy
Oh no no, said the little fly...

**********
Psalm 90 – Verganklikheid van die mens
Here, U was vir ons ‘n toevlug van geslag tot geslag...
U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug,
o mensekinders! ... Want al ons dae gaan verby deur
u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos ‘n gedagte.
Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat
Ons kan jubel en bly wees in al ons dae.

**********
Psalm 91 – In die beskerming van die Allerhoogste
Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting,
my God op wie ek vertrou.

**********

2 comments:

Unknown said...

Ek land per ongeluk hier op jou blog meer as 'n jaar later maar ek het eindelose vreugde op 'n winterwit Deense oggend en sit en sing en onthou die lekker trééék psalms en weet die wêreld het baie verander behalwe diep binne in my kop.Was in Hoër Meisieskool Helpmekaar met Die Heem'le verkondig die Eer van die Here en 'n juffrou Boonzaaier en Theron .Dankie dit was 'n baie lekker trip.

Anonymous said...

Ek het heel toevallig op die stukkie afgekom. Ek was ook in Hoer Meisieskool Stoffberg, en onthou alles presies so. Die sang was heerlik, en ek het nog vir jare daarna die deskant gesing wat ek geleer het op skool. Ek is so bly om die foto van juffrou Malan te sien. Sy was darem 'n formidabele dame wat besondere waardes aan ons oorgedra het. Ek dink met soet heimwee terug aan ons sorgelose skooldae in Brakpan . Ons was drie Ritchie susters gelyk in Stoffberg : Gerda (oudste) Erica en ek (Henriette)

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...