Monday, July 20, 2009

A Musical Memory Lane

Chanson du vent - Ek verlang na jou

Die tyd hardloop uit, ek staar na ‘Enfants
que vent empore’ of ‘Kinders van die wind’
in Frans, nog mooier is ‘Tonton avait une
ferme en afrique’ wat eintlik ‘Stuur groete
aan Mannetjies Roux’ verteenwoordig; ‘En
sëen my ma en seën my pa’

Ek wil graag luister na ‘Côte Atlantique’ of
soos ons dit ken, ‘Blouberg se strand’ gesing
deur Laurike Rauch, ‘Epis d’eau’ oftewel
die nimlike ‘Waterblommetjies’ – brrr, die
waterblommetjies wat ons in die Kasteel
aan die Kaap geëet het, was bitterrr

Maar die mooiste van almal is ‘Chanson du
vent’, ‘n vertaling van Sonja Herholdt se ‘Ek
verlang na jou’ – destyds in vervoering toe ons
dit die eerste keer gehoor het, Sonja se stroop-
soet stemmtjie wat ‘Waai wind, bring hom
terug na my’ so betowerend gesing het

‘O ek verlang na jou, na die winde wat sy arms
om my vou, so verlang ek as die son en die wind
en wolke oor my gaan’ – ek verlang na die stemme
van weleer, na die sonskynstem van Min Shaw,
nooit geleer om reguit op ‘n noot af te duik nie,
altyd met ‘n snik en ‘n draai

By die note uitgekom, maar haar ongerepte stem
in ‘Min Shaw Sing Minsaam’ – ‘Ek is Klompies-
Klomp en ek werskaf rond om die skoene klaar
te kry…’ en ‘Nie ‘n steek, hele week, vir my splin-
ternuwe trui…’ en ‘Die Heidelied’ saam met Gé
Korsten, ‘Jy is my Liefling’ met Danie Bosman

‘Aandlied - die rose se geur vul die nag…’ - al het
sy nooit sanglesse geneem nie, haar stem was die
ene sonskyn en goue stroop vir my, waar Carike
Keuzenkamp se hees, kontemporêre stem die stoere
korrektheid van die Nederlande verteenwoordig,
sonder dat ‘n glimlag ooit deurslaan

Het Min Shaw se stem geglinster en gedans met
‘n duisend sonstrale, die helderheid van fonteine
en die kabbeling van waterstroompies fonkelend
daarin, net soos die Doedies wat ghoemmaliedjies
‘Jy was steeds ‘n baie-bietjie-babie’ en 'Ek was
‘n lawwe meisiekind’ so soet

In my kinderoor gesing het…

*****************************************
Matthys Maree het Afrikaanse liedjies in Frans laat
vertaal deur Naomi Morgan en Maud Myra sing 13
daarvan, opgeneem deur Matthias Heimlicher.

[13 Afrikaans songs have been translated into French,
sung by Maud Myra and recorded by Matthias
Heimlicher, this information set me floating
down a musical Memory Lane…]

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...