*
Die droefgeestige oggendpredikante sit hulle 
treurmares oor pyn en ongenade onverbiddelik 
voort, meedoënloos wys hulle op die Christen 
se vermenigvuldigende probleme
Die arme Christen se onvermoë om op sy 
Skepper te vertrou, meewarig wys hulle die 
sondige mens daarop dat die Here altyd getrou 
is; nugter weet hoe hulle tot die gevolgtrekking 
gekom het, synde hulle uitwys hoe sleg behandel 
die lewe elke belydende Christen, beskuldigend 
verklaar die hooghartige predikant dat die mens 
sy Skepper nooit in getrouheid kan ewenaar nie 
Dis genoeg om van naar te word, ek bly liewer stil 
oor elke stukkie voorspoed en geluk, dit pas glad 
nie in by die donker beelde wat die suur-pruime-
vir-ontbyt-predikante skep nie 
Blykbaar is dit ‘n teken van erge sonde en veroordeling 
as die smarte en pyne van die hel en sware kruise wat 
ons met gepynigde siel agter ons moet aansleep, nie 
in ons aardse swerwersbestaan voorkom nie
Boonop vier ek graag my vreugde met alkohol 
en dis die laaste spyker in die doodskis van 
veroordeling, ons is op aarde geplaas 
om aaneenlopend te rou!
*
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Dying Eventually
Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...
- 
Found a perfect rendition of the Arabic alphabet on the Internet, trying to remember the letter KHa is pronounced with a guttural G...
- 
“This boy’s gonna make it” – ‘n heildronk op my ma, Annemarie: Dit gaan soms broekskeur om met familie klaar te kom want "Famil...
- 
Looking for the good, ignoring the sad (anything we dislike), according to Abraham’s (Esther Hick’s) website: “You cannot look at what you ...

 
 
 
 
No comments:
Post a Comment