Thursday, October 21, 2010

Ek Moes Nooit

My geliefde skrywerpredikant het dit mis
as hy dink dat ons gunsteling tintelende
troetelsondes ons vreugde bring, Bitterals
is reg wanneer hy sê dat ons die sondes
wat ons doen nie eens geniet nie, ons is
net vasgevang in rituele roetines van on-
heilswerke en wonder daarna wat ons
nou weer besiel het

Ek is altyd nuuskierig en wil elke sonde
darem een keer uit probeer, sekere sondes
laat so ‘n bitter nasmaak ek is kwaad vir
myself en besluit om nooit weer so voor
op die wa te wees nie, dis baie lekkerder
om die smal pad te bewandel as om langs
die breë weg af te gly na die hel van
selfkastyding

Die beste is ek het dit nie geniet nie, ek kon
liewer my boek gelees het, dis baie beter om
te sien hoe ander siele hulle troetelsondes
geniet as om my eie tyd te mors, omdat ek
vasgevang voel tussen die duiwel en die diep
blou see hardloop ek vir myself weg - maar
die selfverwyt gaan saam waar ek ookal gaan:
Ek moes nooit met my suster gestry het nie…

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...