Tuesday, August 24, 2010

Vreuge En Vrede

Begin vanaand lees ‘Meintjie Betaal Skoolgeld’
deur Minnie Postma, gedruk deur Van Schaik in
1957; my hart brand, my hart brand, om weer te
lees van die Boereoorlog, van kampe en boere-
gevangenes op Ceylon

Meintjie wat deur swaarkry so ernstig was, haar
boetie Driegman en tant Makkie haar ma, van
swaarkry en die Bybel in Hollands lees, van die
kinders wat Meintjie altyd uitlag; my hart brand,
my eie mense wat so moes sukkel

Dis moeilik om weer deur die ou geskiedenis te
waad; ek hou van Meintjie, ‘n regte klein kordaat
haar erns en stryd om mens te wees, alhoewel ek
meer warmte soek as wat Minnie Postma kan
gee, wil ek weer my jeugboek lees

Dit vat my weg van swaarmoedige gedagtes wat
my bedruk omdat die maan volrond skyn en ek
die ou, ou pyn onthou; volgens Theosofie, as ek
die mooiste gevoelens bedink, sal my hart blom
met skoonheid soos Micheal Ende

Dit beskryf in sy boek ‘Momo’ waar ‘ n nuwe roos
in elke uur ontvou, die nuutste altyd skooner en
mooier as die vorige een, die seerplekke aan my
hart maak my beter en sterker, uit elke litteken
en wond borrel meer vreugde as vantevore

Pyn is nodig om meer plek te maak vir die
wonderlikste vreuge en vrede...


‘Meintjie betaal skoolgeld’ – Minnie Postma, JL Van
Schaik Beperk, Pretoria, 1957

‘Momo’ – Michael Ende (Author of the ‘Neverending
Story’)

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...