Thursday, August 6, 2009

Bully Beef Tin, Lovely Rhythm

While mom taught us to play Schubert and Chopin
dad listened to Chris Blignaut, opera singer
who came up with his own songs like ‘The
baboon wireless being a bully beef tin’
with a lovely rhythm

Just the thing to brighten the atmosphere
singing Ave Verum is fine, but not all
the time, a bit of light relief is
just the thing to add
spice to life!

********************************************

Boggom In Die Boeliebiefblik

Terwyl ma ons leer om Schubert en Chopin op die
klavier speel, luister pa na Chris Blignaut, eens
operasanger wat sy eie ligte musiek sing van ‘n
boeliebiefblik as die apie se ou draadloos
terwyl ma haar tong meewarig klik

Dit was heerlik om op maat van die musiek rond te
spring, jare later het pa vir my die woorde afge-
skryf sodat ek saam kon sing - wat ma moes dink
skeel my min, enige lied wat so lekker sing, vorm
deel van my repertoire, ek hou van afwisseling

'Berge swart gemantel en denne donker dreigend
teen die awendlug’ is goed en wel, maar ligte
vermaak is net die ding om die lewe op te
kikker, die apie skep heerlik atmosfeer
om mismoedigheid af te weer

En ‘n glimlag na die kwaaiste
gesig te bring…

****************************************************

Die Apie Se Ou Draadloos – Chris Blignaut

O die apie sit en droom
in die tak van ‘n Bosveldboom
en die bobbejaan kom met sy stert so krom
hy sien hom in die Bosveldboom,
hy kom so saggies met ‘n lag-lag-laggies,
hy spring van die spruit se wal,
maar die bobbejaan dom,
met sy stert so krom,
hy’t onder in die water geval

Oom Boggom in die waterstroom
en die aap in die Bosveldboom,
die aap sit hoog, die aap sit droog,
Adoons is nat en die water spat
Oom Boggom in die waterstroom

O die apie se ou draadloos
maak oom bobbejaan so boos,
dis ‘n boeliebiefblik in ‘n boom se mik,
is die apie so ou draadloos
en die bobbejaan kom
met sy stert so krom,
hy loer in die bloeliebiefblik,
dis ‘n blik wat pas en sy bek sit vas
oom bobbejaan het groot geskrik,
Oom Boggom in die boeliebiefblik,
Adoonsie het so groot geskrik,
hy ruk en pluk, daar’s miere in die blik,
hy skop soos ‘n perd, kry dorings in sy stert,
Oom Boggom in die boeliebiefblik

O die apies sit in ‘n kring
om die boeliebiefblik en sing
en die bobbejaan kom
met sy stert so krom,
en die apie sê vir hom
kom groet nou jou nasie
deur die uitsaaistasie, maar
die bobbejaan hy word asvaal
ou maat jy’s laat, as ons eers praat
sal ons opgaf moet betaal

Ou boggem-generaal,
hy wil nie taks betaal,
ek is nie gek, ek hou my bek,
ou maat jy’s laat, as ons eers praat,
sal ons opgaf moet betaal.

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...