Sunday, August 30, 2009

CJ Langenhoven Die Eensame Hoop

Die Eensame Hoop van Suid Afrika

‘n Nooientjie wat baie, baie mooi is

fraaie rooi wangetjies en blou ogies

wat soos sterretjies vonkel, haartjies

goud van kleur, op haar kop dra sy ‘n

kroontjie van skitterende diamante wat

net soos haar ogies en sterretjies vonkel

 

Haar naam is die Hoop van Suid-Afrika

Vader Tyd vertel haar van ‘n klein nasie,

die Hollanders, wat tagtig jaar teen die

grote Spanje geveg het vir vryheid en sy

verklaar: Dit is die nasie wat ek hier wil hê

hulle is dapper genoeg vir my woeste land

 

Nadat ek Langenhoven se Eensame Hoop

weer gelees het, verstaan ek waar my nasie

hier aan die Suidpunt van Afrika aan hul

strydlustigheid teen alle oorheersing kom,

die Hollandse bloed vloei sterk in ons are,

gewoond daaraan om hulle te verset

 

Teen Anglo-Sakse en Spanjaarde, hulle is

gewoond aan oorlogvoering, geen wonder

hulle wou nie kopgee toe hulle Europese

oorheersers hulle hier aan die Suidpunt

van Afrika kom onderwerp het nie, dan-

kie tog ons is tagtig jaar oorlog gespaar

 

Vandag is hier ‘n mengsel van Europese nasies

Engelse, Franse, Duitsers, Spanjaarde, Portugese,

Italianers en Grieke leef saam met die heerlikste

mense op aarde, die inheemse volke van Afrika

die warmste, vreugdevolle nasies wat nog ooit op

aarde bestaan het

 

Kleintyd het ek Hoop die eerste keer gelees, dis tyd

dat ons die ou storie herskryf sodat Mabalêl, Amakaia

en Sneeuwitjie van die veld bymekaar kan staan, ons

moet die Langenhoven van 1873 opdateer…

 

CJ Langenhoven Versamelde Werke Deel 6

Tafelberg Uitgewers Beperk 1972

“Die Eensame Hoop” pp. 10-12, pp 48- 49


Translation:

The Lonely Hope of South Africa - [CJ Langenhoven circa 1873]

 A girl - very, very beautiful - all red cheeks

and sapphire blue eyes that sparkle like

stars, her hair golden in color, and on her

head she wears a little crown of sparkling

diamonds that sparkling just like her eyes,

a small golden anchor adorning her tunic

 

Her name is the Hope of South Africa and

Father Time tells her about a small nation,

the Dutch, who fought for eighty long years

against Spain for their freedom, and Hope

replies: ‘The Dutch is the nation I want here,

they are brave enough for my forlorn country’

 

Reading Langenhoven's story about the Lonely

Hope clarifies the origin of our resistance here

at the Southern tip of Africa - against all foreign

invasions, Dutch courage strengthen our hearts,

our Dutch forbears didn't want to give up when

European forces tried to overpower us in Africa

 

Today various European nations are living here

united with the most wonderful people on earth,

the indigenous peoples of Africa, the warmest,

most joyful nations on earth

 

CJ Langenhoven - 1873

CJ Langenhoven Versamelde Werke Deel 6

Tafelberg Uitgewers Beperk 1972

“Die Eensame Hoop” pp. 10-12, pp 48- 49

 

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...