Friday, August 14, 2009

Jy Is Droomverlôre

Lamtietie, damtietie, slaap pikanini,
doe-doe my liefstetjie, die lentebloeisels
sluimer nou, sag suisend in hul droom,
donker bruin fonk’lend haar laggende oë,
vrolike onskuld haar grootste genoë, skertsend
loer sy na my, vrolik sing sy en bly, van ditjies
en datjies en wie weet watjies - sy was ‘n deel van
daardie somer, ek was ‘n eensaam digter dromer,
en skielik ontwaak uit sy lentedroom, pasop vir
die ou eikeboom, joegaai! So nou en dan gaan ek
en my vroutjie na die plek, dan sien ek weer my
nooi is vandag nog net so mooi, elke aand langs
die groen koringlande wag jy daar as die skaduwees
daal, as die maan deur die wolke vir ons loer, word
ons saam na ‘n paradys gevoer, haai, haai haai haai,
jy is droomverlôre, jy het diamante wat skitter, jy’t
al wat ‘n mens kan begeer, want jy het die pragtigste
ogies, klein liefling wat wil jy nog meer, bly jy by my,
beminde teer, dan bloei in my die somerliefde weer,
rosies fluister liefdesoentjies in verbloemde blomme-
taal, die sterretjies brand al die maan is al daar…


FAK Potpourri Deel III

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...