Wednesday, September 9, 2009

Bewussynsbeskikking, Halleluja

Daar het jy dit nou, hartjie seer, mag nie vertel
hoekom nie, nie eens die waarheid aan papier
toevertrou nie - diegene wat nie mag weet nie;
onwettige redes vir die hartseer – kan dalk uit-
vind, wie wil die risiko loop om gestraf te word
oor iets wat alreeds my hart wil breek?

‘n Lekker afranseling deur ‘n familielid ‘Raak ge-
woond daaraan dat almal jou ignoreer’ bliksem,
ek is REEDS gewoond daaraan, sedert kleintyd
sorg ek om met die skaduwees ineen te smelt –
niemand het van my geweet nie, halleluja, weer
verwerp vanaand weens vandag by die werk

Abraham sê ‘n Hartseer mens trek pyn aan, slegs
wanneer ons self vrolik voel, word ‘n vriendelike
reaksie ontlok – vanaand is ‘n prentjie-aand, om
na prentjies te staar totdat alle gevoel verstar, tot-
dat die heelal net uit simbole bestaan, totdat my
brein inkonk, dalk het my brein lankal uitgebrand

Sal dit nie heerlik wees om eendag heeltemaal
eerlik te wees, almal na hulle maai te stuur en
net my eie ding te doen nie? Miskien is daar tog
‘n sielsgenoot vir my, miskien sal ek die persoon
nog eendag kry, miskien word al my drome nog
waar – indien nie in my leeftyd nie

Dan wel in een van my toekomstige lewens – die
oneindigheid lê nog voor, dis wat ek glo, ek kan
nie wag nie om die toekoms te ontdek, hierdie
leeftyd was maar ‘n redelike gemors, as ek my
lesse onthou, kan ek vorder; ek glo in vooruit-
gang en bewussynsbeskikking, halleluja!

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...