Tuesday, September 15, 2009

My Tintelende Vreugdeboek Verdof

Vier mure teen die horison
my brein is toegewasem, ek
rig my oë op die einders, maar
bly vasgevang in die niksheid
van die nou

Ek sien geen drome binne die
watere van my rou, bewussyn
verstil tot swart en leeg en seer
in die onvermoë om die oomblik
vas te hou en

Tot betekenis te verhef, alleen,
eensaam binne die kring van my
vasgekettingde wete van die verlies
van hierdie dag in die hitte wat my
sintuie vul tot versadiging

Selfs my tintelendevreugdeboek
verdof in die diepte van vertwyfeling
ek staar vasgevang na my nuutste
woord ‘ronkedoor’ - ‘n soort olifant
sê die woordeboek

Opgevolg deur ‘ronsel’ soos in ontvoer
gevolg deur twee nuwe woorde, as jy
my ‘rong’ dan hou jy my staande en
as ‘n enjin ‘ronk’ dan dreunsing hy
soos ‘n kragopwekker

Ek het nie eens ‘n termostaat nie, die
hitte maak my vaak, waar sal ek nou
‘n kragopwekker vandaan haal, die
alombewussyn is liefdevol, maar
my brein is toegesluit

In ‘n subjektiewe ervaring
van stille eensaamheid…

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...