Sunday, September 13, 2009

Gevleuelde Tong Vol Prettigheid

Male sonder tal is ek myself tot droefheid
kla en kerm oor my lot, sing Jermiades oor
al my ellende, fokus op foute en tekortko-
minge, siektes en probleme, swaarkry en
teleurstellings in ‘n verlammende siekte
van die gees!

Die oplossing sou wees, meen ‘n groot gees,
om vrede met myself te maak, selfbejammering
af te skud, perspektief in chaos vind; indien mens
‘n geestelike laagwatermerk bereik, terneergedruk
in twyfel, wanhoop en selfbejammering, moet mens
lofsing in dankbaarheid

Want, gaan die groot gees voort, mens verlustig jou
in probleme met die heimlike hoop dat oplossings
nooit gevind sal word nie, mens teer op andere se
simpatie en geniet pynlike selfbejammering met die
heerlikste behae, die lewe voel salig sinneloos as
mens verveeld en ontevrede is

Hoe meer gesofistikeerd die lewe is sodat mens afdaal
tot in die dieptes van geestelike neerslagtigheid – die
teëgif is om met verwondering en verwagting op te
staan en met gevleuelde voete op die lewenspad te
gaan en altyd in liefde en blydskap te dien; dis ‘n
vreugde om die groot gees te lees

Klink my om in sak en as te sit is ‘n heerlikheid en
dis ‘n saak van pret en plesier om pyn te ly, geen
wonder ons doen dit so graag nie, klink my ‘n
gevleuelde tong vol prettigheid is die beste
manier om vreugde te vind na soveel
droewigheid...

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...