Wednesday, September 9, 2009

Elke Môre Met Sonnegoudtower

‘O ek het ‘n perd en ‘n blinkvosperd en ‘n
splinternuwe saal, en ek klim op my perd
my blinkvosperd en ek kom om jou te haal
want jy het gesê as ek jou wil hê dan moet
ek jou kom haal, op ‘n mooi ryperd en ‘n
blinkvosperd en ‘n splinternuwe saal’

‘As ek ver in die veld op ‘n kolperd ry dan voel
ek vry en ek sing so bly en ek sing van die veld
van my land so skoon, my land so skoon waarin
ek woon’, ‘Kent gij dat volk vol heldenmoed en
toch so lank geknecht, Piet Hein zij naam is klein,
zijn daden bennen groot Hij heeft gewonnen den

Zilvervloot’, ‘Kyk hoe maak die kêrel daar ‘n
Kaapse draai, die Kaapse nooiens sing tingeling-
e-ling, tingeling-e-ling hoera, hoe ry die boere sit-
sit-so, kyk die kar se wiele dit gaan om om om -
en die draaghout antwoord met ‘n klop klop klop
en die kêrel skree Pasop ek kom!’ ‘Daar kom die wa

Die vierperdewa, hy het nie naam nie, sy naam moet
hy nog kry’, ‘Die sweep het geklap en die wawiele draai
al agter die rooi span aan, ons harte is swaar want die
afskeid is daar van die plaas waar ons tuiste staan’, ‘Ek
groet vir laas my gryse berge, fraaiste op die ganse aard
want môre moet ek ver na lande, ver van hier

Van huis en haard’, uitspan vanaand, uitspan op Mooifontein
Hotagter, Haaragter vat nou die wa, geluk lê net om die draai
‘Waar die spruitjie kletter-klater en die son ons fel begroet
waar die helder frisse water vrolik wegvloei langs ons voet
Land van die eike en heldergroen lower, ruisende graanveld
en pêrelende wyn, waar elke môre met sonnegoudtower
skitt’rend die Suiderkruis nagt’liks verskyn’

‘Landman landman saai getrou, laat die grond die saad maar
hou, kyk hoe swaar die landman swoeg, hoe hy werk en saai
uit die vore diep geploeg, sal hy eenmaal maai, ‘Goue koring
goue hawer, goue gars, Piet is nog jonk maar hy boer ‘n bars
Piet is myne ek is syne as die oestyd eers verby is’ – ‘en as ek
net wis wie die mooiste een is, dan was een van hulle nou myne'

‘Een aand op ‘n dans in Oom Willem se skuur staan 'n meisie
alleen teen die oorkantste muur, sy glimlag vir my en voor ek
my kon kry, dis ‘n wals, Willemiena, dis ‘n wals is dit nie?'


FAK Potpourri Deel IV

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...