Thursday, September 10, 2009

Kry Sowaar Die Ritteltits

‘n FAK-Volksangbundel in 1940 gedruk, ek
lag al heelaand heerlik oor Aletta Brink se
‘Tommie loop ‘n bloutjie - 1901’ manlief
grinnik al te lekker oor die lawwigheid
gelukkig verstaan die meeste Tommies
nie Afrikaans nie, hierdie pret moet ek
deel met my medenaaste

Tommie vra die boerenooi ewe kordaat
‘Darling wilt thou be my bonny bride’ die
onverfynde plat-op-die-aarde-nooientjie
antwoord hom ewe paraat ‘Nee my neef
jou bek is skeef...’ ek hou op lees en lê
soos ek lag, dis skreeusnaaks, as my
Engelse vriende dit moet hoor

Kry hulle sowaar die ritteltits, ek hoop tog
niemand met agterdogtige neigings hoor
ooit hierdie versie nie, dit gaan erger al
verder – ‘Jou rug is al te krom en jy lyk
nes ‘n kreef’- maar die amoreuse En-
gelsman beur voort: ‘Darling why so
stern and proud?’

Ek skree van die lag, dis vreeslik komies
veral haar dwars antwoord: ‘Mama hy wil
my verneuk...’ dis verbode growwe woorde
van my kleintyd, die woorde ‘verneuk’ en
‘bekke, smoel, pote en vreet’ mag nie
deur opgevoede kinders gebruik word
nie en hier staan die verbode woorde

In die hoogheilige volksangboek, die
voorbeeldige FAK!


Federasie van Afrikaanse Kultuur
FAK Volksangbundel Uitgegee deur
JH De Bussy, 1940 - Lied Nommer
175 ‘n Tommie loop ‘n bloutjie (1901)
Aletta Brink p. 203

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...