Monday, September 14, 2009

Onvermoë En Stiksienigheid

Belaglik om vir kinders te leer doen jou bes
voordat mens weet wat hul vermoëns is, in-
dien die kind ‘n danser is wat tussen sangers
grootword en sy bes probeer en dan soos ‘n
aap vertoon en selfvertroue verloor en daarna
ook nie meer kan dans nie, word hy ‘n wrak
soos die meeste mense maar is

Ek is een van die onnoseles wat my bes probeer
om telkens weer te leer dat my beste onaanvaar-
baar is, die gevoel van vertwyfeling wanneer jou
beste as swak afgemaak en as pateties afgekraak
word, as jy niks meer het om te gee nie en agterbly
soos ‘n leë dop; leer ‘n kind om konteks en situasie
te bepaal, as hy tussen rawe grootword

Moet hy soos hulle kan raas, as jy in Rome kom, moet
jy soos die 'morone' maak, soos my broer altyd vertel het
ek het tot my spyt my heel beste gegee en groot was die
pyn toe ek moes leer dat dit nooit goed genoeg is nie - dis
heeltemaal verkeerd! Aangesien ek niks anders as my eie
onnosele self kan wees nie, het ek vrede gemaak met my
dalende graad van intelligensie

Ek het my versoen met my onvermoë en stiksienigheid en
grawe nou doodgelukkig in die donker rond, as iemand sê
die lug is van nature bruin en die aarde is blou en die see
is rooi, dan sê ek dankie en maak ‘n nota wie dit sê binne
watter konteks en leef dit uit binne die raamwerk gestel,
aangesien ek nie ‘n natuurlike aanvoeling het vir groeps-
gees en groepsgebruike nie

Hou ek boek van gewoontes, gedagtes en maniere om te
lyk asof ek inpas en nie soos ‘n breindood aap eenkant te
staan nie, ek aanvaar dat my brein ‘n rekenaar is wat op
die verkeerde klankstelling en kleurkodes vasgehak het
en dat ek slegs uit genade nog in die samelewing aan-
vaar word; ek stort my ketterse gedagtes uit op
papier en hou my opinies vir myself

Ek hou voorskriftelike idiotiese vrouetydskrifte dop
maak seker ek weet waarmee ek nie saamstem nie, ek
hou my mond en luister so goed ek kan; monotone stemme
sonder melodie dryf my teen die mure uit, dus kan ek nie
die luisteraarskuns bemeester nie, en liefde vir vooroordeel
en selfsug het ek nie, dus kan ek nie negatiewe geskrifte
lees nie – solank ek andere respekteer

Nie my nare gedagtes hard uitspreek nie, gaan dit meestal
heel voor die wind...

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...