Wednesday, September 9, 2009

Konstrueer 'n Godheid

O vreugde, daar is nog baie lewens wat kom
daar is geen dood soos in verlies aan denke
en bewussyn nie, ek gaan die lesse wat
hierdie lewe my geleer het, toepas in
alle bewussynstrome waarin my
denke mag verkeer

Die belangrikste - wees onafhanklik, moet niks
verwag nie; bewaar eie gedagtes - dit is is ons
kosbaarste besitting; gevoelens weerspieël hier-
die denke, verstaan die wêreld as ‘n mensge-
maakte illusie en vrees absoluut niks omdat
alles binne my bewussyn bestaan

Niks kan my bedreig nie behalwe as ek daarin
glo - hoe vertraag om kinders van die duiwel te
leer en die denkkonstruk te versterk, hoe oulik
om te probeer ‘n godheid konstrueer wat
goedheid en liefde versinnebeeld, hoe
simpel om godsbeelde met jaloesie

Veroordeling en wraaksug te besoedel, hoe nutte-
loos om godheid met vader- en moederskap voor
te stel, die mens wat sy eie idees propageer; hoe
heerlik om te lees van ‘n bo-wêreldse intelligensie
wat ‘n kode daarstel sodat ons gebeure daarin kan
lees, ‘n bewys dat bewussyn

En alomteenwoordigheid buite die skepping kan be-
staan, hoe verwronge ookal voorgestel, hoe heerlik
om hierdie gedagtes te koester en misteries te
ondersoek, baie lekkerder as om vervelige
antwoorde in mense se kele af te druk!

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...