Wednesday, March 10, 2010

Blou Baldakyn en Diep Seine

*
En die werk kom in, en die werk kom terug,
dis soos die vagevuur, ‘n nimmereindigende
stroom wat vloei en aanhou vloei, dit laat my
verlang na Juanita Perreira se O diep rivier
O donker stroom - soos gerym deur Eugène
Marias, na Mouche se Parys met sy blou
baldakyn en diep Seine waar

Krappe en krewe die mens se beendere vreet –
waar is Capitaine Coq wanneer ek hom nodig
het, Reynaldo en Monsieur Nicholas, Madame
Muscat en Alifanfaron, hoekom sit ek hier in
die Geknelde Land en wedervaar ieder woelt’
hier om verand’ring en betreur dit as dit kom
en wag vir strome van seën van bowe
*

1 comment:

Anonymous said...

So 'n bietjie liefde van bowe sal ons almal goed doen.

is 'n blou Baldakyn die hemelspoort?
Die hemel is mooi in Frankryk.
Die Karoo is waar hemelvertoning 'n passie word


Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...