Tuesday, March 16, 2010

Deist se Wa-inspanteologie

*

Die oggenddiensprediker vind sy bestaansreg in
Deist se wa-inspanteologie, gisteroggend vra hy
vir ‘n ommekeer in gelowiges se gesinslewens
omdat ons volgens hom verskriklike goed met
ons kinders aanvang, moet ons kollegas liefde-
vol behandel, nugter weet wat hy alles vermoed
oorloë en stryd by die werk

Vanoggend smeek hy almal moet die buite-egtelike
verhoudings verbreek, as kind van die glansryke ver-
houdings gelees en in opgewonde vrees gewag dat
dié onheil my ook moes tref sodat ek kon bely by die
predikant, nodeloos om te sê, my lewenstyl en werk
had toe nie plek vir hierdie opwindende
troetelsonde nie

Elke oggend span die prediker die wa van die geloof in
net om weer uit te span en môreoggend ‘n nuwe wavrag
van sondes te identifiseer sonder om ooit met die wa van
‘n vreugdevolle geloofslewe in oorwinning te ry, nadat hy
een onheil doodgeslaan het, in plaas van wag vir sondaars
om op te staan en saam ‘n nuwe pad te loop, gaan soek
hy na nimmereindigende reekssondes

Elke dag begin met ‘n nuwe stel sondes wat uitgeroei moet
word, die prediker gedy solank as gelowiges nie hul sondes
laat staan en wil weet waarheen nou nie, niemand word ver-
tel wat om te doen as hulle uiteindelik ‘n nuwe weg inslaan
nie, slegs as mense aanvaar hulle sal aanhou sondig, het
die prediker onderwerpe om oor te praat en sondes om
uit te roei ad infinitum

Die wat graag met die wa van die geloof wil ry wanneer
sondes onder die prediker se veroordeling geswig het,
word aangesê om elke dag hand in eie boesem te steek
en melaatsheid te soek - as daar niks is nie, moet hul iets
fabriseer, so kan geen mens nader aan die saligheid
van ‘n tintelende geloofslewe kom nie en beteken
geloof ‘n oneindige stryd teen jouself

Net soos Ferdinand Deist gesê het, Sondae span ons die
wa in deur sondes te bely, maar nooit ry ons van daar af
vorentoe nie…

(En as Liewe Anoniem nou ook die oggendienspredikant
ken of Ferdinand Deist geken het, wil ek haar verseker ek
wag om betig en oor die kole gehaal te word omdat ek so
ligsinnig is – of wat ookal my sonde dié slag is – en haar
kommentaar SAL gepubliseer word)
*

*

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...