Monday, March 29, 2010

Vreemd, Betowering , Skoonheid

*

Die oggendpredikant maan ons nou weer
om ‘n sonnige geaardheid te kweek, hy sê
ons brom en kla te veel, in plaas daarvan
om onsself fisies mooi te maak, moet ons
ons geaardhede aanspreek en glimlag vir
‘n ieder en ‘n elk – hoe wil hy nou hê ek
moet glimlag as die lug betrokke bly en die
son nooit kans kry om vir my ‘n oggendkus
te gee nie, die marmerwolke van vandag is
darem baie beter as gister se staalgrysnag

Ek probeer steeds om my oë na binne te
keer – na die rustige eensaamheid in my
denke, die woelinge in my binneste wan-
neer allergie my ontsenu, veroorsaak dat
my huppelkindgevoel en sonskynlag weg-
raak; weereens wa-inspanteologie, al wat
saak maak is gereedmaak vir sondebely-
denis, niemand word ooit die kans gegun
om verder te gaan as verdediging teen die
vurige pyle van die ou duiwel nie

Geen lewe van oorwinning in die vooruitsig
nie, net ‘n nimmereindigende stryd teen die
sondes wat ons daagliks bekruip, solank ons
nuwes ontwikkel om die oues te vervang kan
ons sondes uitroei tot in aller ewigheid, goeie
land, dankie tog die Protestante Kerke glo nie
in reïnkarnasie nie, ‘n totale herhaling van die
sondesoekteologie leeftyd na leeftyd sal enige
siel se moed breek, ek sal liewer vreugde put
uit die Ontelbare Universum Teorie van die

Kwantum Fisika – waarneming het ‘n invloed op
dit wat waargeneem word, die aksie beïnvloed die
waarnemer ook - met sulke interaksie tussen my
bewussyn en sub-atomiese ‘quarks’ gegeur as Op
Af, Vreemd, Betowering , Skoonheid en Waarheid
en die kennis dat die universum bestaan uit energie
intelligent en liefdevol, is dit maklik om te verstaan
waarom aandag aan ‘n saak ‘n verskil maak…


http://ysagnier.free.fr/science/symetrie.htm

«Les hadrons sont composés de quarks, confinés
par 2 ou par 3 à l'intérieur des hadrons (on n'a jamais
vu un quark s'aventurer tout seul dans la nature).
Ils possèdent deux attributs spécifiques: la saveur (ou
parfum) et la couleur. Il existe 6 saveurs: Up; Down,
Strange, Charm, Bottom (ou Beauty) et Top (ou Truth)”

*

*

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...