Tuesday, April 12, 2022

Jy Is Darem Oordadig Melodramaties


Toe die lewe Anastasia oorweldig op negejaar omdat sy

stiksienig voortsukkel terwyl die wêreld verdof binne die

onsinnige vermenigvuldigingstafels van Heideggeriaanse

Daarsyn in Niksseggende Bewussynsverdomliking

 

Geen rede waarom sewe maal agt gelyk moet wees aan

vyf en sestig nie, wanneer die juffrou dit met bitsige venyn

uitgil - Sewe Maal Agt! ruk Ana se binnegoed saam en

slaan sy amper flou neer: Ana wonder waarom sy weet

 

Sewe maal sewe is gelyk aan nege-en-veertig; skielik

geniet sy Das Aha-Erlebnis: want hierdie som sing, agt

maal agt is vier-en-sestig - maar wanneer die klas se

Sersant-Majoor-Generaal bulder: NEGE MAAL SEWE

 

Slaan Ana as klein Legioen-soldaatjie flou neer, skrik,

bewe en ruk; PTSD in die Sersant-Majoor-Generaal se

interneringsklas, bewende handskrif soos ‘n ou vrou ‘n

honderd jaar oud: eendag stuur die slinkse Spaanse-

 

Inkwisisie-juffrou Ana na die prinsipaal om haar te

kielhaal oor haar vermenigvuldiging-versuim; verslae

staan Ana daar - die vriendelike hoof stuur ‘n brief aan

haar ouers - daardie aand sterf die klein Anastasia

 

‘n Smartdood alleen buite op die stoep, gefusilleer deur

haarself binne haar interne hel van selfvertwyfeling - die

besige grootmense wat self sweef tussen hemel en hel,

weet nie eens van Ana se dood as banneling alleen buite

 

Op die stoep – Sjoe, lewer Juffrou Pince-Nez kommentaar,

jy is darem verskriklik oordadig melodramaties – en toe Ana

weer kyk, neem sy waar dis die Sersant-Majoor-Generaal

haarself wat haar aanstaar – en net daar sterf Ana nog ‘n

 

Tienduisendmaal 'n tal!

No comments:

Dying Eventually

Listening to my favourite Internet guru, quite clearly this works for many people as they repeat the jargon flawlessly and I wish I could ge...